Gobabis het nog nie waterverligting nieMarch 19, 2025

Die Gobabis-munisipaliteit onttrek tans water uit boorgate regoor die dorp om tekorte te voorkom, aangesien damvlakke nog nie herstel het nie. Die dorp maak gewoonlik staat op invloei in die Otjiverodam en die Swart Nossob, wat water aan sy Tilda en Daan Viljoen-damme lewer. Beide laasgenoemde damme is egter leeg, terwyl die Otjivero en die slikdam altwee minder as 4 persent vol is. Gobabis kry tans water van 22 NamWater-boorgate, maar skuld die watervoorsiener sowat 45,3 miljoen Namibiese dollar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Frederick Ueitele, die munisipaliteit se woordvoerder, wat inwoners vra om soveel moontlik water te spaar.