Al verstewig die rand, onderpresteer hy steedsMarch 19, 2025

Ten spyte van al die debatte oor Suid-Afrika se gespanne verhouding met die VSA, het die Suid-Afrikaanse rand, en dus Namibiese dollar, Dinsdag sy beste vlak teenoor die dollar sedert middel Desember bereik. In Februarie het die geldeenheid vlugtig tot bo 19 teen die Amerikaanse geldeenheid gestyg nadat die Amerikaanse president Donald Trump aangekondig het dat sy land gaan ophou om hulp aan Suid-Afrika te verleen oor sy grondonteieningsbeleid. Die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt sê dis nie eintlik iets om te vier nie.