Putin blyk om al die toutjies te trek tydens Trump-gesprekMarch 19, 2025

President Vladimir Putin het ingestem om aanvalle op energie- en infrastruktuurteikens in Oekraïne tydelik te staak. Dit volg ná ‘n telefoongesprek tussen Putin en president Donald Trump. Putin wou egter nie ʼn breër skietstilstandooreenkoms onderteken om die oorlog te beëindig nie, al het Kiev reeds daartoe ingestem. Rusland sê in ʼn verklaring ʼn belangrike voorwaarde om verdere konflik te vermy, is sy eis dat buitelandse militêre hulp gestaak en intelligensie nie langer met Oekraïne gedeel word nie.