Afrika-spanne spook dit uit vir Wêreldbeker plek March 19, 2025
Afrika se sterkste spanne sit hierdie week hulle poging voort om te kwalifiseer vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Noord-Amerika. Bafana Bafana speel Vrydag in Polokwane teen Lesotho, terwyl Rwanda en Nigerië in Kigali kragte meet. Kameroen kom vandag teen Eswatini te staan in Mbombela, Suid-Afrika. Môre speel Mosambiek teen Uganda in Kaïro, Egipte. In ander wedstryde speel Liberië teen Tunisië, en die Sentraal-Afrikaanse Republiek teen Madagaskar. Nege plekke in die toernooi is bespreek vir spanne uit Afrika, en daar is ook ‘n inter-konfederasie-uitspeelplek beskikbaar.