Selfoondata toon Gene Hackman se vrou is later as 11 Februarie doodMarch 19, 2025

Die owerhede het nuwe inligting ontdek wat die tydlyn verander van wanneer die Oscar-wenner Gene Hackman en sy vrou, Betsy Arakawa, oorlede is. Die egpaar is verlede maand dood in hul huis in Nieu-Mexico aangetref, en was al ‘n geruime tyd dood. Amptenare het aanvanklik gesê hulle glo dat Arakawa op 11 Februarie oorlede is en Hackman ‘n week later. Die Santa Fe distrik-sheriff se kantoor sê hulle het bevestig dat Arakawa op 12 Februarie verskeie oproepe na Cloudberry Health, ‘n private gesondheidskliniek, gemaak het vir mediese behandeling. Hulle het van die oproepe uitgevind toe hulle selfoondata van Arakawa se foon ontvang het.