Geen aanranding-probleem by Sanae 4, sê ministerMarch 18, 2025

Die omgewingdepartement ontken bewerings van ‘n krisis met wangedrag op die Suid-Afrikaanse navorsingsbasis SANAE Vier op Antarktika. Dit volg ná berigte oor ‘n beweerde aanranding tussen twee spanlede, maar die departement het bevestig niemand is teruggestuur Kaapstad toe nie en alle evaluerings toon daar is geen groot rede tot kommer nie. Minister Dion George verduidelik ook die bewerings van seksuele aanranding is vals, maar ‘n ondersoek na teistering duur voort.