Laaste oorlewende Slag van Brittanje-vlieënier sterfMarch 18, 2025
Die laaste oorlewende vlieënier van die Slag van Brittanje, John Hemingway, is op 105 oorlede. Hy het as tiener by die Koninklike Lugmag aangesluit en was tydens die Tweede Wêreldoorlog lid van ‘n vlieënier-eskader wat in Mei 1940 binne 11-dae 90 vyandelike vliegtuie afgeskiet het. Die vlieëniers het bekend geword as “The Few” na ‘n toespraak deur die Britse premier, Winston Churchill. Die Lugmag sê sy dood is ‘n hartroerende herinnering aan die opofferings wat gemaak is deur dié wat tydens die oorlog vir vryheid geveg het.