Voorbereiding vir nat weer sit Aussie GP in sak: NorrisMarch 18, 2025

Motorsport: Die Britse renjaer Lando Norris sê sy Formule Een-span, McLaren, het geleer uit verlede jaar se foute toe hulle die vervaardigers-kampioenskap gewen, maar hy tweede was in die bestuurders-kampioenskap na Red Bul se Nederlandse jaer, Max Verstappen. Norris het Verstappen Sondag geklop in die seisoen se eerste Grand Prix op ‘n sopnat baan in Melbourne, Australië. Norris sê hulle het die winter goed voorberei vir ‘n nat wedren nadat hulle verlede seisoen verkeerde besluite oor bande geneem het tydens soortgelyke toestande in Kanada en op Silverstone.