M23-rebelle sal nie na Luanda vir onderhandelings reis nieMarch 18, 2025

Rwanda-gesteunde M23-rebelle het uit vredesonderhandelinge met die Demokratiese Republiek van die Kongo se regering onttrek. Die partye sou in Luanda, Angola vergader. Die rebelle-alliansie, waarvan M23 ‘n lid is, sê hy onttrek hom as gevolg van sanksies van die Europese Unie wat teen M23 en Rwandese amptenare ingestel is. Die Kongorivier-alliansie sê in ‘n verklaring die EU se optrede is daarop gemik om die samesprekings te belemmer. Die afvaardiging van die DRK sal steeds na Angola reis.