Wat het geword van Zanu-PF se inmenging in stemmery?March 18, 2025
Namibia Fact Check wil weet waar is die bewyse van verkiesingsingmenging deur Zanu-PF in Namibië se November stemmery. Dit het begin met besoeke van Swapo se sekretaris-generaal Sophia Shangingwa en later arbeidsminister Utoni Nujoma in aanloop tot die November verkiesing. Vyf partye, die IPC, die Affirmative Repositioning-beweging, die LPM, PDM en All People’s Party het eise gemaak dat daar geknoei is deur die Zimbabwiese party… soos Job Amupanda gesê het…
En Ivan Skrywer van die LPM…
Ten spyte hiervan, sê Namibia Fact Check daar is tot op hede geen bewyse in die openbaar deur die partye aangebied in die verband nie. Dus bly dit net dit, onbewese bewerings.