Vyf munisipaliteite skuld NamWater meer as N$142,23 miljoenMarch 17, 2025

NamWater het sy dringende oproep aan alle debiteure herhaal om hul uitstaande waterrekeninge te betaal. Van die meer as 2 437 miljoen Namibiese dollar wat uitstaande is, word ‘n aansienlike 1 244 miljoen dollar verskuldig deur onder meer ministerië, munisipalitiete, besighede, besproeiingsprojekte en private inwoners. Net vyf munisipaliteite skuld meer as 142,23 miljoen dollar. Hulle is die Keetmanshoop munisipaliteit met die leeue-aandeel van sowat 56,63 miljoen dollar skuld, gevolg deur Gobabis met meer as 45 miljoen, Mariental met byna 20 miljoen, Otjiwarongo met meer as 12 miljoen en Hentiesbaai wat meer as 8 miljoen dollar skuld.