TotalEnergies begin planne vir infrastruktuur by VenusMarch 17, 2025

SLR Omgewingskonsultante begin met sy impakstudie om TotalEnergies se Venus-gebied, aflandig in blok 2913, te ontwikkel. Die plan is om 40 putte te boor met toerusting wat op die seebodem geïnstalleer sal word en die daarstelling van ‘n drywende berging en aflaai vaartuig. Van daar sal die olie na tenkskepe oorgedra word. Die konstruksie, sou die projek klaring kry, sal vyf jaar neem om te voltooi met produksie wat ongeveer 20 jaar sal duur. SLR se openbare vergaderings vind vanaf 7 April tot 6 Mei plaas met laasgenoemde wat ‘n aanlyn vergadering is.