Aanlynstelsel vir werkloosheidsversekering sukkel – Cosatu March 17, 2025

Cosatu vra die minister van Indiensneming en Arbeid Nomakhosazana Meth om te verseker die probleme met die Werkloosheidsversekeringsfonds se aanlynstelling, wat keer dat uFiling-glad werk, dadelik reggestel word. Die vakbondfederasie kry klagtes van beide werkers en werkgewers. Die woordvoerder Zanele Sabela sê hulle het in Oktober verlede jaar kommer uitgespreek nadat die uFiling-stelsel na wat berig word meer as ‘n maand lank van lyn af was: