SA vakbond bevraagteken Trump-motiewe in OekraïneMarch 16, 2025
Die algemene sekretaris van die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, of Saftu, Zwelinzima Vavi, sê die Amerikaanse president Donald Trump het Oekraïne geforseer om ‘n vredesooreenkoms te aanvaar wat Amerikaanse toegang voorop stel. Dit beteken toegang to litium en ander skaars aardmetale, wat in werklikheid Oekraïne ‘n korporatiewe kolonie maak, een wat gestroop word van 20 persent van sy oorspronklike soewereine grondgebied. Die woordvoerder van Saftu, Newton Masuku, sê Trump se aantyging dat Oekraïne die oorlog ontketen het, ontbloot sy geopolitiese onkunde.