McLaren-duo spring voor weg in Australiese Grand PrixMarch 15, 2025
Lando Norris sal môre in Melbourne in die Australiese Grand Prix vir die tiende keer in die kleure van McLaren die touleierposisie beklee. Die Brit het in die doodsnikke van die derde ronde van kwalifisering ‘n tyd van 1 minuut 15,096 sekondes rondom Albert Park opgestel om sy spanmaat en plaaslike held Oscar Piastri met 0,084 sekonde om die voorste wegspringplek te klop. Beide motors van verlede jaar se vervaardigingskampioenskap-wenner sal egter in die voorste ry begin.