Kanada se Carney nie lus vir TrumpMarch 15, 2025
In sy eerste toespraak as Kanadese eerste minister het Mark Carney, te midde van die tariewe- botsing met die Amerikaanse president Donald Trump, gesê negatiwiteit sal nie die handelsoorlog wen nie. Carney sê hy sal Frankryk en Brittanje besoek, maar voeg by hy het tans geen planne om Trump te ontmoet nie. Hy sien egter daarna uit om met hom te praat. Hy het die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake Marco Rubio se opmerking dat Kanada die 51ste staat van die VSA sal word “gek” genoem.