Probleme in Nasionale Jeugraad ‘word nie opgelos’March 14, 2025

Die aanstelling van ‘n nuwe raad by die Nasionale Jeugraad deur die lynminister Agnes Tjongarero is weer in die nuus. Calista Schwartz-Gowases, die jeugraad se direkteur wat in Maart 2024 geskors is, eis deur haar prokureurs dat sy so gou as moontlik heringestel word. Daar word ook berig dat die finansministerie belangrike raadsbesluite vertraag het na ‘n verslag oor die raad se probleme vrygestel is. Die ministerie sê die inligting was valslik gerapporteer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Julia Nekwaya van die PDM se jeugliga, wat ‘n lid was van die verkose raad wat deur Tjongarero met haar eie raad vervang is.