Regering moet dringend MIV/Vigs-programme befonds: OutaMarch 14, 2025

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die regering moet die befondsingsgaping in die MIV/Vigs-programme dringend aanspreek nadat die VSA sy steun gestaak het. Die organisasie waarsku begrotingsbeperkings kan toegang tot behandeling in gevaar stel vir die miljoene mense wat staatmaak op antiretrovirale behandeling. Outa se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, vra die regering om doeltreffende besteding voorop te stel en vermorsing te verminder om volhoubare gesondheidsorgbefondsing te verseker.