Donatella Versace tree uit by die Versace-modehuisMarch 14, 2025
Die kreatiewe hoofdirekteur van die Italiaanse luukse-modehuis Versace, Donatella Versace, gaan ná bykans 30 jaar uittree. Sy het in 1997 die pos by haar broer, Gianni, oorgeneem ná sy opspraakwekkende moord voor sy huis in Miami, Florida. Gianni het die modehuis in 1978 gestig. Die 69-jarige Donatella word opgevolg deur Dario Vitale, wat ‘n gewese ontwerpdirekteur van Miu Miu is. Versace se moedermaatskappy, Capri Beherend Beperk, sê Donatella sal voortaan as hoof-handelsmerk-ambassadeur na Versace se filantropiese en liefdadigheidswerk omsien.