Namibië se handel onder vryhandelooreenkoms vorderMarch 13, 2025

Namibië het in die Afrika-kontinentale vryhandelsgebied begin verhandel nadat die voorlopige skedules van tariefkonsessies afgehandel is. In 2024 het Namibië goedere van 10,3 miljoen Amerikaanse dollar na lidlande uitgevoer. Invoere van die lidlande het 4 miljoen dollar beloop, met 51 persent daarvan uit Egipte. Slegs nie-SADC-lande met tariefskedules kan met Namibië onder die vryhandelsgebied-maatreëls handel dryf. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus oor wat dit beteken.