Tiger Woods se storie word rolprentMarch 13, 2025

Amazon MGM Studios werk aan ‘n biografiese rolprent oor die lewe van die 15-malige Major-gholfkampioen, Tiger Woods. Dit is ‘n aanpassing van Kevin Cook se biografie, The Tiger Slam. Die film fokus op Woods se grootste prestasie, toe hy die 2000 Amerikaanse en Britse Ope en die PGA kampioenskap gewen het asook die 2001 Meesters om vier major trofeë in te palm. Higher Ground Productions, wat deur die voormalige VSA president Barak Obama en sy vrou Michelle gestig is, is besig om te onderhandel oor die vervaardiging van die rolprent saam met Winkler Films.