Versigtig vir Putin – ZelenskyMarch 13, 2025
President Volodymyr Zelensky doen ‘n beroep op Oekraïne se bondgenote om seker te maak Rusland mislei hulle nie oor ‘n skietstaking nie maar bedoel dit werklik. Oekraïne het ingestem tot ‘n 30-dae skietstaking na ‘n vergadering met Amerikaanse amptenare in Saoedi-Arabië vroeër die week. Amerikaanse amptenare is na wat berig word op pad na Rusland om die skietstaking met president Vladimir Putin te bespreek. Zelensky sê werk is steeds oop die diplomatieke front aan die gang om te verseker alles is gereed om druk op Rusland te plaas vir die bereiking van werklike vrede.