Angola behaal sukses met onderhandelings tussen DRK, RwandaMarch 13, 2025
Direkte vredesgesprekke tussen die Demokratiese Republiek van die Kongo en M23-rebelle sal op 18 Maart in die Angolese hoofstad, Luanda, begin, het Angola se presidensie in ‘n verklaring gesê. Die land poog reeds ‘n geruime tyd om ‘n blywende wapenstilstand te bemiddel en spanning tussen die Kongo en die naburige Rwanda te verminder maar het tot op hede misluk omdat nie al die partye gesprekke bygewoon het nie. Rwanda word daarvan beskuldig dat hy die Tutsi-geleide M23-rebellegroep ondersteun wat hy ontken.