Eto’o betree CAF se beheerliggaam March 13, 2025

Die gewese Kameroense ster Samuel Eto’o is in Kaïro verkies op die Afrika-beheerliggaam CAF se uitvoerende komitee as die enigste kandidaat uit Sentraal-Afrika. Die 44-jarige het eers verlede week verkiesbaar geword nadat die Hof vir Arbitrasie in Sport, CAF se verbod omgekeer het teen die gewese voorspeler van Barcelona, Inter Milan en Chelsea. Eto’o, wat die president van sy land se sokkerfederasie is, sluit nou aan by Afrika se voorste besluitnemingsliggaam.