Skole-atletiek, sokker van die baan by OnafhanklikheidstadionMarch 12, 2025
Die Onafhanklikheidstadion in Windhoek is van vandag af vir die publiek gesluit en sal tot 21 Maart nie beskikbaar wees vir sportkompetisies of oefensessies nie, het die sportministerie aangekondig. Dit is te wyte aan voorbereidings vir die onafhanklikheidsdag-vieringe en die inhuldiging van die land se eerste vroulike president, Netumbo Nandi-Ndaitwah. Dit sal spesifiek die sonale skole-atletiek kompetisies beïnvloed. Twee wedstryde in die Debmarine Premier Sokkerliga sou ook daar plaasvind, maar volgens Isack Hamata, woordvoerder van die Namibiese Sokkerfederasie, sal daar sal reëlings getref word om hulle elders te akkommodeer.