Tussentydse vervoerpermit-stelsel tydens knopvelsiekte uitbrekingMarch 12, 2025

Die direktoraat veeartsenydienste sê dat tussentydse reëlings getref is vir vervoerpermitte vir diere ander as bees, uit gebiede met knopvelsiekte. As gevolg van beperkings rakende die uitbreking is die elektroniese stelsel nie tans beskikbaar nie en dus kan boere in die geraakte gebiede aansoek doen vir hardekopie permitte by hulle naaste staatsveearts. Rolspelers word daaraan herinner dat die hardekopieë moet weer ingedien word sodra die vervoer voltooi is.