Huishoudings met vroue aan hoof neem toeMarch 12, 2025
Namibië het die afgelope jare ‘n beduidende toename in die aantal huishoudings wat deur vroue gelei word gesien. Volgens die jongste bevolkings- en behuisingsensus staan vroue aan die hoof van 49 persent van alle huishoudings. Dit is ‘n noemenswaardige styging teenoor ‘n dekade gelede, toe die Wêreldbank berig het dat 43,9 persent van Namibiese huishoudings deur vroue gelei word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Yolande Engelbrecht, die koördineerder van die Regshulpsentrum se Gender-afdeling…