Trump wil tariewe op Kanadese staal, aluminium na 50% verhoogMarch 12, 2025
President Donald Trump sê hy gaan tariewe op Kanadese aluminium en staal van vandag af van 25- tot 50-persent verdubbel. Hy sê dit is in weerwraak op Ontario se premier, Doug Ford, wat ‘n 25-persent-aanslag op elektrisiteitsuitvoer na drie Amerikaanse state, New York, Michigan en Minnesota, aangekondig het. In ‘n uitgerekte plasing op Truth Social sê Trump hy gaan ‘n nasionale elektrisiteitsnoodtoestand in dié state verklaar. Hy het ook gedreig om ná 2 April die tariewe op motors wat van Kanada ingevoer word, aansienlik te verhoog.