SA se verspring-ster keer terug na opkikkerverbodMarch 12, 2025

‘n Voormalige Suid-Afrikaanse verspring-ster keer vandag terugkeer nadat hy ‘n tweede skorsing vir opkikkergebruik uitgedien het. Luvo Manyonga is in 2012 geskors voor hy ‘n silwermedalje ingepalm het op die Olimpiese Spele in Rio in 2016, en goud op die wêreldkampioenskap in 2017. Hy is weer in 2020 geskors omdat hy ‘n verpligte opkikkertoets misgeloop het. Die 34-jarige Manyonga sal vanaand aan Atletiek Suid-Afrika se Grand Prix-byeenkoms in Pretoria deelneem. Sy laaste mededingende byeenkoms was in 2019 in Londen waar hy 8,37-meter gespring het.