ECB soek tariefverhoging van 17,4%March 10, 2025
Die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) het ‘n reeks openbare konsultasies aangebied oor NamPower se aansoek vir ‘n tariefverhoging vir die 2025-26 boekjaar. NamPower vra ‘n 17,44 persent verhoging in grootmaat-tariewe. Streeksverspreiders en munisipaliteite se verhogings sal dan nog bygevoeg word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die gemeenskapsaktivis Shaun Gariseb, wat sy misnoë met die hoë voorgestelde tarief te kenne gee.