Regulering van sekswerk in Namibië noodsaaklikMarch 10, 2025

Die plaaslike regsgeleerde, Kadhila Amoomo, sê sekswerk behoort gereguleer te word, aangesien die bestaande wetsbeleid ondoeltreffend is. Dit dryf sekswerkers ondergronds en verhoog die risiko vir hulle en die publiek. Hoewel onwettig, is sekswerk ‘n realiteit en om dit te ignoreer, gaan geen oplossing teen geweld en uitbuiting bring nie, sê hy. Amoomo het met die nasionale uitsaaier oor die kwessie gepraat. 

Regulering van die bedryf gaan sekswerkers en die publiek beskerm, sê Amoomo.