Motorport: Zoe Waldschmidt maak geskiedenisMarch 10, 2025
Namibië se Zoe Waldschmidt gaan geskiedenis maak as die eerste vrou wat haar land by die 2025 FIM Oceania Women’s Motocross Cup verteenwoordig. Die geleentheid vind op 22 en 23 Maart in Wonthaggi, Victoria, in Australië plaas. Dit is die eerste dat Afrika aan dié kompetisie deelneem. Waldschmidt gaan teen topryers van Australië, Nieu-Seeland en Amerika meeding. Sy volg in die voetspore van haar pa, Ingo Waldschimdt, ‘n bekende in motorsportkringe. Kosmos 94.1 Sportnuus het met Francois Lottering van Motor Media Namibia gesels.