Noord-Korea vuur verskeie missiele afMarch 10, 2025
Noord-Korea het vandag verskeie ballistiese missiele afgevuur, ure ná die land die Suid-Koreaanse en Amerikaanse weermagte veroordeel het omdat hulle met militêre oefeninge begin het. Noord-Korea het oudergewoonte dié jaarlikse oefeninge as ‘n “gevaarlike uitlokkende daad” uitgekryt en gesê dit kan konfrontrasie kan veroorsaak. Suid-Korea se weermag het gesê die missiele is vanaf Noord-Korea se westelike streek na die Geel See afgevuur. Die lansering was die eerste gerapporteerde ballistiese missieltoets sedert Amerikaanse president Donald Trump in Januarie bewind het.