Vis loop, Hardap vat waterMarch 10, 2025
Met uiters goeie reën in die westelike dele van die land het die Visrivier gevloei en Hardapdam het vanoggend om agt-uur op 22,2 persent van kapasiteit gestaan, met net meer as 65 miljoen kubieke meter water. Die dam was volgens NamWater se bulletin verlede week Maandag, op 22,5 persent maar, water word onttrek vir die besproeiingsprodusente en in verlede week se bulletin was amper 2 miljoen kubiek in die vorige week gebruik. Die volgende dambulletin word vanmiddag verwag.