Impak van opskorting van VSA-befondsing sal uitkringMarch 10, 2025

Amerikaanse president Donald Trump se veranderinge in buitelandse beleid en besnoeiing van finansiering beïnvloed Afrika-lande, ook Namibië. ‘n Groot bekommernis is die potensiële besnoeiing van anti-retrovirale medikasie-ondersteuning deur Pepfar, wat noodsaaklik is vir Namibië se MIV/Vigs-reaksie. Ekonomiese ontleder Mally Likukela waarsku dat dit gesondheidsorg kan belemmer en die vordering in die stryd teen MIV/Vigs kan omkeer.