Shifeta sê sandyn beleid moet afgedwing wordMarch 10, 2025

Die omgewingsminister Pohamba Shifeta sê daar is ‘n behoefte om beleid af te dwing om sandmyne, maar ook afvalbestuur voldoende te reguleer. Sandmyne het ‘n toenemende probleem geword, veral tussen 2015 en 2020, en veral in die noordelike dele van die land. Die bedryf ontgin van sand by strande en duine, rivierbeddings, en algemene gebiede in die noorde waar sand voorkom maar, daar is groot risiko daaraan verbonde veral as die gebied nie gerehabiliteer word nie en groot sandputte bly agter. ’n 2020-verslag deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing waarsku dat onwettige en onbeheerde sandmynbou in Namibië geëskaleer het en ontwikkel in ‘n omgewingskrisis.