Israel sny krag na Gaza af, Hamas sê dis afpersingMarch 10, 2025

Die elektrisiteitstoevoer na die laaste fasiliteit in Gaza wat steeds krag van die Israelse elektrisiteitskorporasie ontvang het, is afgesny – skynbaar om Hamas te noop om die eerste fase van die skietstilstand te verleng. Die stap raak nagenoeg 2,3-miljoen mense en die ontsoutingsaanlegte wat noodsaaklike drinkwater verskaf. Israel se minister van Energie, Eli Cohen, sê hulle doen alles moontlik om te sorg dat die gyselaars aan hulle uitgelewer word. Hamas beskuldig Israel van goedkoop en onaanvaarbare afpersing.