Groot vis in dwelmhandel ontwyk NamPolMarch 10, 2025
Die polisie het verskeie verdagtes oor die naweek in hegtenis geneem met verskillende hoeveelhede dagga, wat vir straatverkope verpak was. ‘n Groot vis het hulle egter ontwyk. ‘n Plaaswerker het op ‘n groen Feedmaster-sak afgekom wat in ‘n bos versteek was in ‘n skaapkamp tussen Ariamsvlei en die Nakop grenspos, en die polisie ontbied. Hulle het vyf pakke dagga wat 10,6kg geweeg het in die sak gekry, ter waarde van 530 250 Namibiese dollar. Die polisie vermoed dit is deur dwelmhandelaars versteek en niemand is nog gearresteer nie.