Iran se leier kritiseer boelie-tegnieke na Trump se dreigementMarch 9, 2025
Iran se opperleier, Ayatollah Ali Khamenei, kritiseer wat hy beskryf as boelie-tegnieke ‘n dag na Amerikaanse president Donald Trump met militêre optrede teen Iran gedreig het. Khameini het aan amptenare gesê boelies se onderhandelinge is nie daarop gemik om probleme op te los nie, maar hulle streef na oorheersing. Hy het nie Amerika of Trump by name genoem nie. Trump het Vrydag gesê hy het aan Khameini geskryf om gesprekke oor die land se kernprogram te hervat, of moontlike militêre optrede te verwag as hulle weier.