Kenner verwelkom stromingsheffing om SABC te helpMarch 9, 2025

Die stromingskenner Leslie Adams steun die instelling van ‘n stromingsheffing vir die SABC. Die kommunikasieminister Solly Malatsi het aangekondig planne is onderweg om ‘n stromingsheffing te ondersoek om te help met die SABC se finansiële probleme. In anwoord op ‘n parlementêre vraag van die IVP oor alternatiewe befondsing, het Malatsi gesê die heffing sal van toepassing wees op alle Suid-Afrikaners wat plaaslike en internasionale stromingsdienste gebruik. Adams sê stromingsheffingsmodelle sal help met die SABC se finansiële agterstand.