Capricorn Eagles klop Nepal in UgandaMarch 9, 2025

Namibië se vroue-krieketspan die Capricorn Eagles het hul eerste wedstryd by die Vrouedag-beker T20 internasionale vierhoekige toernooi in Uganda gewen. Hulle het Nepal met 6 paaltjies geklop in ‘n reënverkorte wedstryd. Nepal is uitgeboul vir 92 lopies van die laaste bal van hul 20 boulbeurte. Namibië se teiken is hersien tot 71 uit 15 boulbeurte, met die Eagles wat die teiken verbygesteek het met net een bal oor. In die ander wedstryd het Uganda Hongkong China met ses paaltjies geklop. Die Eagles speel vandag teen Hongkong China, terwyl Nepal Uganda aandurf.