Mosiehof: Banke eis skuld van amper N$49mMarch 7, 2025

Die mosiehof was vanoggend ‘n bielie van ‘n sessie met 116 aansoeke vir verstekvonnisse waarvan 15 op die reël 108-rol was. Regters Eileen Rakow en Beatrix de Jager het die sessies hanteer met banke wat 64 van die aansoeke gebring het. Die banke eis 35 onbetaalde lenings van 14,5 miljoen Namibiese dollar op en vra 29 eiendomme met ‘n skuldlas van 34,3 miljoen dollar terug. In Maandag se sessie sal De Jager 19 onverdedigde egskeidings hanteer.