Twee basketbaltruie omtrent ‘n derde van Namibië se begroting werdMarch 7, 2025

Truie wat gedra is deur twee van die reuse in die basketbalwêreld, Michael Jordan en Kobe Bryant, in die eerste NBA-wedstryde van hulle loopbane sal later die maand in New York opgeveil word. Jordan se nuwelingtrui vir sy eerste wedstryd vir die Chicago Bulls en Bryant se eerste wedstrydtrui vir die Los Angeles Lakers sal moontlik gesamentlik 363 miljoen Namibiese dollar haal. Sotheby’s sê Jordan en Bryant se truie is blywende simbole van die ambisie, vaardigheid en wilskrag wat hulle legendariese loopbane gekenmerk het.