BOSA bring aansoek vir bekendmaking van seksoortreder-registerMarch 6, 2025
BOSA sê die regering se geheimhouding oor die nasionale register vir seksoortreders veroorsaak twyfel oor sy bestaan, akkuraatheid en moontlike politieke inmenging. Die party het ‘n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting ingedien om toegang tot die register te verkry, en is van mening die openbaarmaking daarvan sal help om seksuele geweld te beveg. Die party se adjunkleier, Nobuntu Hlazo-Webster, beskuldig die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, van die ondermyning van pogings om gemeenskappe te beskerm omdat sy haar belofte teruggetrek het om die lys vry te stel.