VSA sny intelligensie af aan die OekraïneMarch 6, 2025

Amerika se nasionale sekerheidsraadgewer, Mike Waltz, het bevestig dat president Donald Trump nie meer sekere intelligensie met Oekraïne deel nie. Dit volg pas nadat Amerika militêre hulp aan Kiëf voorlopig gestaak het. Amerika het Oekraïne van intelligensie voorsien sedert die oorlog in 2022 begin het. Dit sluit uitgebreide inligting oor Russiese magte se beweging en posisies in, asook onderskepte kommunikasie oor hul militêre planne en spioene se bewegings. Waltz sê alle aspekte van die VSA se verhouding met die Oekraïne word hersien.