Namdia sê oor roof, 47 dae laterMarch 6, 2025
Namdia sê die roof op 18 Januarie het 314,9 miljoen Namibiese dollar se diamante gebuit en tot op hede is 40,6 miljoen dollar se edelstene teruggevind. Hy sê hy is hoopvol dat nog diamante gevind sal word. Die twee verdagtes, Joel Angula en Sam Shololo sal op 23 Mei in die hof verskyn. Intussen is die versterking van sekuriteit ‘n primêre fokus en beduidende verbeterings is aangebring. Die maatskappy verseker belanghebbendes dat sy sekuriteitsprotokolle, -stelsels en -prosesse behoue bly en hy gaan voort om sy versekeringsverskaffers te betrek oor aangeleenthede wat verband hou met die roof met besprekings aan die gang, soos deel van sy breër risikobestuurspogings. Dit is vandag 47 dae na die roof en die polisie het nog nie sy stilswye gebreek nie.