GRN gesels met e-betaalplatforms vir plaaslike toegangMarch 6, 2025
Die 12de jaarlikse Suider-Afrikaanse Pos-operateursverenigingsforum vind in die hoofstad plaas onder die tema “die rol van die poswese en logistiek in e-handel en digitale handel”. Inligtingminister Emma Theofelus het in haar toespraak gesê dat 51 persent van Namibiërs in 2021 die internet gebruik het. Internettoegang en e-handel in die land het intussen aansienlik gegroei en daar word met operateurs soos PayPulse en Apple Pay gepraat sodat Namibiërs hul dienste kan benut.