Mens-dier-konflik kos miljoene March 6, 2025

Die omgewingsministerie het 45 miljoen Namibiese dollar sedert 2019 op mens-dier-konflik bestee. Bewareas het 29,8 miljoen dollar ontvang met 4,8 miljoen dollar wat bestee is op die verlies van 3 182 stuks vee en 3,6 miljoen dollar op gewasse van 3 869 hektaar. ‘n Miljoen dollar is bestee op 108 menslike beserings met 23 eise wat verwerp is. Daar is 69 mense dood en 6,2 miljoen dollar is daarop bestee. Intussen het die lynminister Pohamba Shifeta die vergoeding vir verlore bees van 5 000 tot 8 000 Namibiese dollar opgestoot. Die aankondiging is Woensdag gemaak.