Streekswerkswinkels oor Waterwet kos N$5,9mMarch 6, 2025
Kosmos 94.1 Nuus is in besit van die lynministerie se interne dokumente oor die werkswinkels rakende die nuwe Waterwet. Dertien word gehou in al die streke behalwe Khomas en het reeds Dinsdag begin. Die kostes daaraan verbonde is verbysterend. Lokale en verversings beloop 2,56 miljoen Namibiese dollar met vervoer op 650 000 dollar. Die promosie-materiaal beloop 2 miljoen dollar. Die staatsamptenare sal 450 000 dollar in S&T en 240 000 dollar in oortyd ontvang. Daar is tussen 12 en 14 personeel wat per werkswinkel reis. Dus kos die werkswinkels 5,9 miljoen dollar.