China sê hy’s gereed vir enige oorlog, handel of wat ook alMarch 6, 2025
China het Amerika gewaarsku dat hy gereed is om in enige vorm van oorlog te veg, na die land teruggeslaan het teen president Donald Trump se toenemende handelstariewe. Trump het meer tariewe op alle Chinese goedere gehef, waarna China vinnig gereageer her met tariewe van 10 tot 15 persent op Amerikaanse landbouprodukte. Die Chinese ambassade in Washington het op X gesê, as oorlog is wat die VSA wil hê, of dit nou ‘n tariefoorlog, ‘n handelsoorlog of enige ander soort oorlog is, is hulle gereed om tot die einde te veg. Chinese premier Li Qiang het Woensdag aangekondig dat die land vanjaar sy verdedigingsbesteding met 7,2 persent sal verhoog en gewaarsku dat “veranderinge wat nie in ‘n eeu gesien is nie, vinniger regoor die wêreld ontvou.”